Groot magmaprovinsie

Net 'n paar van die grootste groot magmaprovinsies (in donkerpers) kom op dié kaart voor. Dit beeld geologiese korsprovinsies uit soos gesien in seismiese data.

'n Groot magmaprovinsie (Engels: large igneous province of LIP) is in geologie 'n vulkaniese vlakte wat ontstaan deur die stolling van enorme hoeveelhede magma (meestal basalt). Die vorming van GMP's word soms toegeskryf aan mantelpluime (hipotetiese kolomme warm materiaal) of aan prosesse wat verbind word met divergente (uitmekaar bewegende) tektoniese plate.[1] Die vorming van sommige GMP's in die afgelope 500 miljoen jaar stem ooreen met tydperke van massauitsterwings en vinnige klimaatsveranderings, wat tot verskeie hipoteses gelei het oor 'n verband tussen die verskynsels. GMP's verskil basies van enige ander huidige aktiewe vulkane of vulkaanstelsels.

  1. Foulger, G.R. (2010). Plates vs. Plumes: A Geological Controversy. Wiley-Blackwell. ISBN 978-1-4051-6148-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search